Helpende Hand het die karakter, Hetta, geskep om elke meisie wat hierdie probleem ervaar, te verteenwoordig. Hetta is ’n tipiese skoolmeisie, maar een wat in moeilike finansiële omstandighede leef en daarom nie sanitêre produkte kan bekostig nie.

Wanneer dit tyd is vir haar maandelikse siklus is die soos monsters wat haar terughou om skool by te woon. Te danke aan die #HelpHetta-projek kry Hetta nou elke maand ’n Hetta-pakkie wat verseker dat monsters haar nie uit die klas kan hou nie!

Kyk Hetta se storie hier: