Hoe werk die Hetta-projek?

Die #HelpHetta projek se doel is om sanitêre ware aan skooldogters wat ‘n tekort aan die produkte het, te verskaf. Die projek poog om dogters te ondersteun sodat hul maandelikse siklus hulle nie uit die klaskamer, of weg van die sportveld of pret hou nie. Die #HelpHetta-projek verskaf een maal per kwartaal Hetta-pakkies aan meisies by skole regoor die land. Hetta-pakkies word in Pretoria verpak en een maal per kwartaal regoor die land versprei. Die inhoud van die Hetta-pakkie verskil elke keer, maar sluit altyd twee pakkies sanitêre doekies in.

Skole moet vooraf ’n opname doen

Skole word aangeraai om ’n skatting of opname te doen van meisies wat maandeliks ’n behoefte aan sanitêre produkte het en dit nie kan bekostig nie. Die volle getal pakkies wat deur die skool aangevra word, moet aan die meisies uitgedeel word en mag nie vir stoor-/noodgevaldoeleindes gebêre word nie. In die aansoekvorm kan skole wel aansoek doen om ’n maksimum van 5 ekstra pakkies te ontvang wat die skool vir noodgevalle kan gebruik en wat in die kantoor gebêre kan word.

NB! Voltooi asb. alle velde van die vorm. Die vorm is eers suksesvol ingestuur wanneer ’n bevestigingsboodskap op u skerm vertoon. Vir navrae of probleme kontak lizelle@helpendehand.co.za  of skakel 012 644 4390

NB! NB! Onthou om vir die bevestigingsboodskap te wag nadat u STUUR gedruk het. Die kontakpersoon sal ook ‘n bevestigingse-pos ontvang.